Sorina
Regoor die land leer dié blonde Flooze vir al haar tjommas die dansie van haar treffende treffer Die Tennis Tune. Maar glo dit of nie, daar is ‘n dinamiese dame genaamd Sorina ágter die masker van die Flooze wat, met ‘n meestersgraad in Regte agter haar naam, mense verras met haar ernstigheid en haar opregte menswees en wat al meer geliefd raak op vertonings soos dames-oggende, feeste en privaat funksies. Dis veral met haar “Sorina” album HOOFLETTERS waar sy Flooze se kenmerkende rooi leerbaadjie uittrek en as Sorina mense verbaas met haar mooi sangstem en goeie skryfvernuf en betree sy verhoë landwyd op mense te vermaak met lig, lag en liefde.
Kunstenaar. Sepiester. Aktrise. Sangeres. Komediant. TV aanbieder. Seremoniemeester. Liedjieskrywer. Maar van almal is die grootste en belangrikste titel vir haar die ene wat haar klassifiseer as Mamma vir Braambossie (5) en Miana (3)